SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Leser ‘proe die stof, ruik die bloed’ in oorlogsboek

Die bekende oudsoldaat en -recce Wynand du Toit sal Dinsdag (13/11) sy nuutste boek, Soldaat, in Bethlehem bekend stel.

Dié boek handel oor jong seuns in hul dienspligtyd. Volgens Du Toit “proe jy die stof en ruik die bloed” soos dit in die grensoorlog was.

Dit vertel die verhaal van die seuns se opgewondenheid, maar ook vrees vir die onbekende. Dit wys hoe die karakters selfvertroue vind en deur die opleidingstydperk groei.

“Hulle was kinders, maar het as grootmense teruggekom,” sê Du Toit.

Hy meen dit is ’n boek vir soldate wat herinneringe wil herleef, maar ook vir dié wat nie in die weermag was nie en wil weet hoe dit was.

Du Toit het bekend geword in die jare tagtig toe die destydse grens­oorlog op sy hoogtepunt was. In daardie tyd was baie jong Suid-Afrikaanse mans wetlik verplig om militêre diensplig saam met beroepsoldate te doen.

Du Toit was lid van die destydse Suid-Afrikaanse weermag se verkenningskommando, wat algemeen as die recce’s bekend gestaan het. Hulle het dikwels in lewensgevaarlike omstandighede militêre operasies agter vyandelike linies in van die buurstate uitgevoer.

Hy is op 21 Mei 1985 ná ’n skiet­voorval ten tyde van ’n spesialemagte-operasie in Cabinda, Angola, gevange geneem. Hy is vier keer geskiet.

“Die moeilikste van my tyd as gevangene was om my lot te aanvaar,” het Du Toit gesê.

“Ek moes vrede maak met wat met my gebeur het.”

Hy is eers in 1987 vrygelaat.

Wynand wou al op skool begin skryf, maar het nooit kans gehad om dit te doen nie.

“In die tronk het ek vir ontsnapping begin skryf.”

Sedert hy in 2011 by ’n boerdery in die Kongo betrokke geraak het, het hy tyd gekry om verder te skryf. In die Kongo het hy drie boeke geskryf. Vandag skryf hy heeltyds en woon in Glentana.

As Du Toit kon, sou hy die grens­oorlog wou herleef.

“Alles wat in die lewe gebeur, elke probleem wat oor jou pad kom, is belangrik.Aan die einde van die lewe bepaal jou probleme wie jy is.

Ses ander boeke, Josefskleed, The Long Lost Grace, S-98, Destiny,Pelindaba Protokol en Judasbok het al onder sy naam verskyn. Laasgenoemde is ’n paar jaar gelede in Engels vertaal.

  • ’n Leser staan die kans om Soldaatte wen. Stuur jou naam, van en dorp na 083-395-3327 en beantwoord die vraag: Vir hoe lank was Du Toit ’n gevangene in Angola?

Die wenner sal in kennis gestel word en kan die boek by die bekendstelling afhaal.

Dit word om 18:00 vir 18:30 by The Highland Inn in Kerkstraat gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.