Oud-Bethlehemiet Toekie Holtzhausen (94) is op Donderdag 30 Januarie in Atlanta, Amerika, oorlede.
Holtzhausen het in die ouderdom van 87 na Atlanta verhuis om by haar enigste kind, Derick, te gaan woon.
Sy was sedert die Golden Gateway-hospies se ontstaan by dié organisasie betrokke, en was dekades lank as een van die hospies se “Friday ladies” bekend.
Die groep vroue het elke Vrydagoggend bymekaargekom om onder meer kaartjies en boekmerke te maak en brei- en hekelwerk te doen.
Dié produkte is ten bate van die hospies verkoop.
Sy het die organisasie ook gereeld as vrywilliger gehelp.
Holtzhausen het op Sondag 26 Januarie haar 94ste verjaardag gevier.
Sy word deur haar seun, Derick, en skoondogter, Maggie, oorleef.
Toekie se vriende het Sondag (09/02) haar lewe met ’n teeparty gevier.