Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lewe soveel meer werd

Die multinasionale reddings­poging om die 12 jong Thaise sokkerspelers en hul afrigter uit die Tham Loeang-grot in die noorde van Thailand te red, laat ’n mens besef hoe waardevol ’n lewe werklik is.

Die spanlede was tien dae lank vermis voordat twee Britse duikers hulle op 2 Julie bereik het. Hulle het die grotte op ’n uitstappie verken, maar dit het weens reën oorstroom.

Sowat ’n duisend mense is glo betrokke by die uiters gevaarlike projek om die seuns te red.

Reddingswerkers van China, Mianmar, Laos, Australië, Brittanje en Amerika werk om die seuns en hul afrigter na veiligheid te bring.

’n Lid van die reddingspan het versmoor nadat hy die grot­kompleks binnegegaan het.

Die afrigter en die seuns word intussen van proteïen-aanvullings en noodkomberse voorsien en oefen volgens instruksies van die Amerikaanse vloot se spesialismagte met duikmaskers.

Hoeveel is ’n lewe dan werd?

Duisende mense word ingespan om die lewe van 13 mense in Thailand te red, terwyl ander mense doodgemaak word vir aardse goed wat nie veel waarde het nie.

’n Misdadiger dink nie ’n lewe is veel werd nie. Dikwels word net ’n selfoon of ’n motor gesteel maar iemand in die proses vermoor.

Ons moet in ons land opnuut besin oor die waarde van lewe.

Ons is almal na die beeld van God geskape en daarin lê ons waarde. ’n Mens se waarde kan nie in rand en sent bereken word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.