Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lippizaners in Clarens te sien

Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse Lippizaners is deesdae ’n bekende gesig in die Oos-Vrystaat.

Daar is nie net Saterdag 7 Maart, die eerste keer ’n vertoning by op skouterrein in Bethlehem gehou nie, maar op Sondagoggend 8 Maart was ’n paar van hulle op die plein in Clarens, waar hulle aan die gemeenskap bekend gestel is.

Sover bekend is dit die eerste keer dat dié Lippizaners in die Oos-Vrystaat optree.

Hoewel die Suid-Afrikaanse Lippizaner-sentrum by Kyalami in Gauteng geleë is, word daar nou met hulle by die DeBruyn Equine Stud in die Clarens-distrik geteel.

Deesdae is die pragtige wit merries met hul vulletjies hier te sien. Die Lippizaners wat uit die 1580’s uit Slowenië dateer, is gedurende die oorlog gebruik, waar hulle hul ruiters met verskillende “toertjies” beskerm het.

Vandag word die pilaf, lefade, pesade en corbet aan die publiek tydens hul vertonings bekend gestel. Een van die moeilikstes toertjies is om gelyktydig met al vier pote in die lug te spring.

Die Lippizaner is geteel van Spaanse, Italiaanse en Arabiese perde en word beskou as die eerste “mensgemaakte” ras.

Die eerste Lippizaners in Suid-Afrika het in die laat 1948’s in Durban se hawe aangekom en is op ’n plaas naby Mooirivier gevestig.

In 1969 is die eerste binnenshuise Suid-Afrikaanse Lippizaner-opleidingsentrum in Kyalami gebou. Hierdie sentrum is steeds in gebruik waar die tradisie van teling en opleiding voortgesit word.

Pluto Odaliska is een van die 36 wit hingste wat van Dinsdae tot Vrydae besigtig kan word waar hulle oefen. Sondagoggende tree hulle ook op.

Pluto Odaliska voer ’n manjifieke pesade uit, ’n beweging wat vroeër deur generaals op die slagveld gebruik is om ’n beter uitsig te hê. Hy en sy medeperde doen onder meer die skoolkadriel- en die pas de deux-roetines. Daar is tans sowat 11 000 Lippizaners in die wêreld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.