Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lyn tussen lewe en dood dun

Aan die begin van die maand het ek ’n plant buite my hospitaalkamer afgeneem.

Die een blaar van hierdie plant was gedeeltelik geel en dooierig, maar die ander helfte was groen en lewendig.

Dit laat my toe bepeins hoe naby die lewe en die dood aan mekaar is.

Die lyn tussen lewe en dood is baie dun – iets wat ek daardie week in die hospitaal eerstehands beleef het.

Gesondheidswerkers word elke dag met lewe en dood gekonfronteer.

Hulle help pasiënte om soms ná die tyd met ’n skok te verneem dat die pasiënt positief vir Covid-19 getoets is.

Gesondheidswerkers word daagliks aan die virus blootgestel wanneer hulle na aan pasiënte moet werk wat nie maskers dra nie. Dit is juis dan wanneer hulle met die dood gekonfronteer word. Dit vul hulle met vrees en angs.

Hoe moet ons hierdie dun lyn tussen lewe en dood hanteer?

Ons as gelowiges ken en glo die woorde van Romeine 8:38-39: Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Ek wil u versoek om vir ons werkers in die voorste linie te bid.

Bid vir die pasiënte wat van hul geliefdes geskei is. Dit is ’n stukkie hel.

Mag Jesus se liefde ons elke dag omvou en mag Jesus ons elke dag styf vashou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.