Maar God het vir hom gesê: “Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?” (Lukas 12:20)
Die Amerikaanse prediker D.L. Moody vertel van ’n ryk man wat op sterwe gelê het.
’n Man wat in sy hele lewe net een begeerte gehad het – om meer te besit.
Meer besittings, meer eer, meer roem, en meer mag in hierdie lewe.
Langs sy bed het sy dogtertjie gesit en wonder waarom haar groot, sterk pa so hulpeloos lê.
Toe die hoofde van sy sakeondernemings van hom kom afskeid neem en groet, vra die dogtertjie vir haar pa:
“Pappa, gaan Pappa weg?”
“Ja, my liefling, ek is bevrees jy sal my nie meer sien nie,” antwoord hy.
En toe kom sy dogtertjie se vraag: “Pappa, het jy ’n lekker huis en baie vriende daar waarheen jy op pad is?”
Hierdie suksesvolle man van die wêreld lê ’n ruk lank stil en roep toe uit: “Wat ’n dwaas was ek nie!
“Hier het ek ’n groot besigheid opgebou, maar daar sal ek arm en behoeftig wees.”