Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maak jou hart oop

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. – Openbaring 3:20-22

Die beste wat ’n mens met jou hart kan doen, is om dit vir Christus oop te maak.

Die skilder Holman Hunt het ’n skildery gemaak van Jesus wat met ’n lantern en ’n herderstaf by die toegegroeide hart van die mens staan en klop.

Dit is ’n aangrypende en sprekende beeld.

Nadat hy die skildery voltooi het, het Hunt ’n vriend sy mening daaroor gevra.

Die vriend kon nie oor die trefkrag uitgepraat raak nie.

Maar, het hy gesê, daar is ’n fout. Die deur het geen deurknop nie.

Dit het, sê Hunt toe. Die deurknop sit net aan die binnekant.

Christus breek nie deure oop nie – dit moet van binne vrywillig vir Hom oopgemaak word. Dan kom Hy in en word dit feestyd.

Wanneer Christus sê: “Gee My jou hart,” vra Hy toegang tot ons hele lewe om dit in ’n lewe tot sy eer en verheerliking te omskep.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.