Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maak seker wat jy verkondig

Geweld teenoor vroue en kinders is ’n kommerwekkende probleem in ons land en het burgers weer die afgelope ruk warm onder die kraag.

Hoewel Amy’Leigh de Jager (6) weer aan haar ouers terugbesorg is, het haar ontvoering buite die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, asook die verkragting en moord van die 19-jarige student Uyinene Mrwetyana, oor die land heen opslae gemaak.

Plaaslik het die wrede moord op Mienie Frost ook die gemeenskap geraak. Sy is Vrydagaand (06/09) op haar plaas buite Bethlehem vermoor.

Die naweek lees ek ’n Facebook-inskrywing van Ivor Price wat my laat dink het.

Hy skryf: “Vreemd hoe baie van ons hartseer oor geweld teen vroue is, maar uit volle bors saamsing op Afrikaanse liedjies wat vroue as seksobjekte uitbeeld.”

Hy gebruik die voorbeeld van Early B se liedjie “Potte”, “Dames” van Adrian Entwistle, en Bok van Blerk se van waar twee mans ’n vrou se borste, en later agterstewe, bespreek. Die liedjie “Dames” se woorde lui: “My naam is Adriaanes en die neighbours gaan dit weet as ek met jou klaar is.” Hy verwys ook na Bok van Blerk se “Lemoene”. “Wys my jou lemoene of jou boerpampoene. Ek wil so graag aan dit voel. Of jou kaalgatperskes of dit die moeite werd is. Ek sal dit definitief moet proe.”

Dis maar net enkele voorbeelde daarvan en dit kom natuurlik ook in ander tale voor.

Vandag wil ek saam met Price stem dat ons versigtig moet wees watter boodskappe ons alledaagse gewoontes uitstuur.

Vandag wil ek saam met Price stem dat ons versigtig moet wees oor watter boodskappe ons uitstuur.

Dit help nie ons verkondig op die sosiale media dat ons teen geweld is, maar ondersteun dit onbewustelik nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.