Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man (24) van diefstal aangekla, gou weer in hof

’n Man het in die hof in Senekal verskyn in verband met diefstal.

Victor Maseko (24) is op Sondag 5 Januarie deur lede van die Paul Roux-misdaadvoorkomingseenheid in hegtenis geneem nadat hulle ’n wenk ontvang het dat gesteelde goedere op die plaas Graspan versteek is.

Maseko was nie tuis toe die polisie opdaag nie, maar daar is op vermoedelik gesteelde goedere beslag gelê.

Hy het hom wel later aan die polisie oorgegee.

Hy kon nie eienaarskap bewys nie.

Die goedere is na bewering op ’n ander plaas gesteel.

Maseko sal na verwagting weer Woensdag (29/01) in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.