Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man (28) dood ná messteek in bors

Carel Jansen (28) van Bethlehem is Maandag 1 Julie dood nadat hy met ’n mes in sy bors gesteek is.

Dié tragedie kom sowat ’n jaar nadat hy sy dogtertjie, Alyna (22 maande) aan die dood moes afstaan toe sy op 19 April 2018 deur ’n boerboel doodgebyt is.

Konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, sê Jansen en ’n vriend het na Bohlokong gery om geld te gaan haal wat aan Jansen verskuldig was.

’n Argument het daar tussen Jansen en ’n ander persoon ontstaan waarna Jansen gesteek is.

Hy het by sy ma, Hannetjie van Rooyen, gewoon. “Hy was ’n dierbare seun. Hy was so lief vir kinders en diere en altyd reg om ander te help,” sê sy.

Jansen het by Bethlehem Herstelwerke gewerk, waar hy elektriese toebehore herstel het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ’n saak van moord.

  • Hy word deur nog ’n dogter, Jessica (9), oorleef. Jansen se roudiens was Saterdag (06/07) by sy ma se huis.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.