Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man hoor vandag van borgtog

’n Voormalige prokureur van Bethlehem moes tot vandag (25/03) wag om te hoor of borgtog aan hom toegestaan gaan word.

Corné Ackerman sou Maandag (23/03) in die Bethlehem-landdroshof verskyn het, maar die saak is tot vandag uitgestel.

Ackerman (45) het op Donderdag 5 Maart die eerste keer op aanklagte van bedrog in dié hof verskyn.

Dit is beweer dat hy ’n regsfirma uit meer as R15 miljoen bedrieg het.

Ao. Lynda Steyn, woordvoerder vir die Valke, sê Ackerman staan op 40 aanklagte tereg.

“Hy word daarvan beskuldig dat hy tussen Januarie en Junie 2019 geld uit die regsfirma se trust- en beleggings­rekening na verskeie onbekende begunstigdes oorbetaal het,” sê Steyn.

“Toe hy daaroor gekonfronteer is, kon hy glo nie ’n verduideliking vir die betalings gee nie.”

Die saak is aangemeld by die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdade ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.