Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man in dorp vermoor

’n Man van Pakistani-oorsprong is Saterdag (08/12) helder oordag in ’n oënskynlike sluipmoordaanval in Bethlehem doodgeskiet.

Iftikhar Ahmed (44) is omstreeks 15:50 op die toneel in Highstraat dood verklaar.

Volgens kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, het Ahmed ’n koeëlwond in sy kop gehad.

“Die motief vir die moord is nog nie bekend nie,” sê Mohobeleli.

’n Ooggetuie, wat om veiligheidsredes anoniem bly, het aan Vrystaat Nuus/News gesê die slagoffer het in die straat met iemand gestaan en gesels.

“Die verdagte het om die hoek gekom en dit het gelyk of hy oor die straat wil loop. Toe die man (Ahmed) in sy kar wil klim, het die verdagte nader geloop en hom in die kop geskiet. Hy was skaars een meter van hom af.”

Volgens ’n ander ooggetuie het die man te voet om die hoek gehardloop, waar ’n voertuig vir hom gewag het en waarin hy weggery het.

Niks is in die aanval gesteel nie.

Geen verdagte is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Mohobeleli sê die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Enigeen met inligting word versoek om die misdaad-stoplyn by 08600-10111 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.