Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Matrikulante kan hulle inskryf

Gr. 12-leerlinge van oor die land heen kan hulle nou vir die Matrikulant van die Jaar-kompetisie inskryf.

Dié gesogte kompetisie word sedert 1981 deur die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Volksblad aangebied, en pryse ter waarde van duisende rande is op die spel vir die wenner en finaliste.

Dié wat wil inskryf, moet vanjaar in matriek wees en van 2019 heeltyds aan die UV wil studeer.

Matrikulante kan hulself inskryf, of deur die skool ingeskryf word. Die skoolhoof se handtekening en die skoolstempel moet egter in albei gevalle op die inskrywingsvorm wees.

Uit al die inskrywings word 25 semifinaliste aangewys, en uit hulle word die 14 topfinaliste aangewys wat tydens die Matrikulant van die Jaar- naweek aan die eindronde deelneem.

Dié naweek vind van Vrydag 28 September om 08:00 tot Sondagoggend 30 September plaas. Die finaliste moet te alle tye gedurende die naweek aan die verrigtinge deelneem.

Die wenner se pryse is ’n oorsese reis vir twee geskenk deur XL Astra Travel, prysgeld van R10 000 van die borge, die Kovsie Alumni-trust, KPMG, Absa en Pick n Pay Hypermarket, ’n R12 000-studiebeurs van UV-bemarking, en geskenke en die Matrikulant van die Jaar- naweek met ’n waarde van R8 000.

Die 13 ander topfinaliste kry elk R10 000 van die borge, die Kovsie Alumni-trust, KPMG, Absa en Pick n Pay Hypermarket, ’n studiebeurs van R7 500 van UV-bemarking, en geskenke en die naweek met ’n waarde van R8 000.

Twee spesiale pryse van R5 000 elk, geborg deur Kovsie Alumni-trust, word aan die beste presteerder in sport en die beste presteerder in kultuur toegeken. ’n Vonkelpersoonlikheid word ook tydens die naweek aangewys.

Die 11 ander semifinaliste, wat nie as topfinaliste aangewys is nie, ontvang elk R3 000 prysgeld van die Kovsie Alumni-trust en ’n studiebeurs van R3 500 van UV-bemarking.

Alle beurse en prysgeld word in 2019 direk in die student se Absa-rekening inbetaal sodra die student aan die UV geregistreer is.

Die inligting hoe om in te skryf, is op die inskrywingsvorm beskikbaar. Bel Linda Greyling by die UV by 051-401-3384 (soggens) met navrae of stuur ’n e-pos aan haar by greylinl@ufs.ac.za.

Die sluitingsdatum is Vrydag 3 Augustus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.