Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Matrikulante kan hulle nou inskryf

Pieter Hoogenboezem beskryf sy eerste jaar as student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) as ’n “roller-coaster ride”.

“Ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar ook daarna uitgesien.”

Dié mediese student, die 2019-wenner van die UV, Netwerk24 en Volksblad se Matrikulant van die Jaar-kompetisie, sê Covid-19 was verlede jaar ’n groot opdraande. Toe hy egter uiteindelik in Augustus na die kampus kon terugkeer, het hy die studentelewe geniet.

Weens die pandemie het dié jaarlikse kompetisie, wat reeds sedert 1981 aangebied word, verlede jaar in die slag gebly.

’n Kompetisie wat so diep in die skoolgemeenskap gewortel is, laat hom egter nie onderkry nie. Matriekleerlinge van oor die land heen kan hulle nou vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie inskryf.

Goed afgeronde matrikulante wat beoog om in 2022 heeltyds aan die UV te studeer – leerlinge wat nie net akademies presteer nie, maar ook by kultuur, sport en leierskap by hul skool betrokke is – kan hulle inskryf. emeenskapsdiens en -betrokkenheid van leerlinge word ook tydens die beoordeling in ag geneem.

Matrikulante kan ook deur hul skool ingeskryf word. Die skoolhoof se handtekening en die skool se stempel moet op die inskryfvorm aangebring word. Alle inskrywings word volgens vaste kriteria beoordeel, waarna 25 semifinaliste aangewys word. Altesaam 14 finaliste, wat uit die 25 gekies word, sal van 5 tot 7 Oktober aan die Matrikulant van die Jaar-eindronde in Bloemfontein deelneem. Tydens die eindronde word onderhoude met die finaliste gevoer en neem hulle aan spansessies deel, waarna die wenner aangewys word.

Die wenner en 13 finaliste ontvang prysgeld van die borge Kovsie Alumni-trust, Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk, beurse van die UV se studentewerwingsdienste en geskenke ter waarde van R10 000. Die ander 11 semifinaliste ontvang prysgeld van die Kovsie Alumni-trust en beurse van die UV se studentewerwing. Twee spesiale pryse van R5 000 elk word deur die Kovsie Alumni-trust geborg en sal vir uitstaande prestasie op die gebied van leierskap, akademie, sport of kultuur toegeken word. Die beurse en prysgeld word betaal sodra die student hom of haar aan die UV geregistreer het. Inskrywings moet die UV voor of op 6 Augustus bereik.

  • Stuur ’n e-pos aan Linda Greyling na greylinl@ufs.ac.z vir inskryfvorms.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.