Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Matrone se passie, omgee sal gemis word

Mariana Hintze, Bethlehem:

Ek het met groot skok verneem dat matrone Marlene van der Merwe nie meer by die Corona-hospitaal werksaam is nie.

Marlene, namens die gemeenskap van Bethlehem wil ek graag vir jou dankie sê vir jou omgee en liefde vir die pasiënte wat deur die jare deur Corona se deure beweeg het. Jou passie vir jou werk en jou etiese waardes is buitengewoon in ons samelewing vandag.

Jy het talle pasiënte en hul families bygestaan, bemoedig en vertroos. Jou kantoordeur was altyd vir almal oop.

Dankie vir jou en Nico wat jare gelede die droom bewaarheid het om die Corona-hospitaal in Bethlehem te open.

Mag God julle ryklik seën waar jul lewenspad julle ook al neem.

Julle sal vir enige plek ’n aanwins wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.