Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meisiesatlete wen goud

Twee leerlinge aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het die naweek stof in hul teenstanders se oë geskop toe hulle as nommer­een-atlete in die land in hul onderskeie nommers aangewys is.

Carise van Rooyen (13), ’n gr. 8-leerling, en Catrien Janse van Vuuren (16), in gr. 11, het albei uitstekend gevaar op die nasionale skoleatletiekkampioenskaps­byeenkoms wat van Woensdag (07/04) tot Saterdag (10/04) in die Paarl gehou is.

Carise is as die algehele wenner in die 1 500 m-hindernis vir meisies o.16 aangewys. Dit is die hoogste prestasie wat dié jong atleet nog in haar sportloopbaan bereik het.

“Ek moet erken dit was nogal baie senutergend, maar ek het by my strategie gehou om nie die gaping tussen my en die voorste meisie te groot te laat word nie,” vertel Carise.

“By die laaste watergat het ek my alles gegee omdat ek kon sien my teenstander sukkel met die waterhindernisse, en daar het ek die voorsprong gekry.”

Carise het as sewejarige aan atletiek begin deelneem. Sy oefen vier keer per week en word deur Dirk Janse van Rensburg van Bethlehem afgerig.

Benewens atletiek neem sy aan tennis, hokkie, landloop en fietsry deel.

Haar droom is om eendag die nasionale atletiekspan oorsee te verteenwoordig.

Haar rolmodelle is Wayde van Niekerk en Zola Budd omdat al twee ’n goeie voorbeeld stel en vir haar ’n reuse-inspirasie is vanweë hul harde werk en uithouvermoëns wat beloon word.

Catrien spog op haar beurt met ’n goue medalje in die hamergooi vir meisies o.18. Sy het teen 21 atlete meegeding. Dit is ook vir haar die hoogste prestasie wat sy nog in atletiek behaal het.

Sy sê dat die byeenkoms ’n ongelooflike ervaring was, maar ook vreemd omdat daar geen toeskouers was nie.

Sy word deur haar pa, Ben Janse van Vuuren, afgerig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.