Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mense verenig oor water

’n Gebreekte pomp was die rede dat Petrus Steyn en Mamafubedu se watertoevoer sowat ’n week lank onderbreek was.

Mzwandile Manzi, munisipale bestuurder van Nketoana, het dit bevestig.

Die pomp van die Middelpuntdam, Petrus Steyn en Mamafubedu se hoofbron van water, het glo gebreek.

Omdat die pomp ’n ou model is, kon die maatskappy wat die herstelwerk moes doen, nie die regte onderdele kry nie. Die munisipaliteit het toe die pomp na ’n ander maatskappy in Kimberley gebring, wat dit wel kon herstel.

Volgens Manzi is die pomp ’n ou model en die maatskappy waarheen die pomp gestuur is kon nie onderdele kry vir herstelwerk nie.

Die munisipaliteit het ook ’n bykomende gebruikte pomp aangekoop om sodoende ’n waterkrisis in die toekoms te vermy.

’n Halfvoltooide waterpypleiding van Reitz is bestem om Petrus Steyn en Mamafubedu van water te voorsien, asook in die verhoogde waterbehoeftes van Mamafubedu se uitbreidings.

Volgens beplanning moes hierdie pypleiding reeds in 2014 voltooi gewees het, maar weens onderlinge litigasie tussen die diensverskaffer en Nketoana is die werk gestaak.

Die ingenieursfirma wat aan die pypleiding gewerk het, is afgedank, en ’n nuwe ingeneursfirma is aangestel om die projek te voltooi.

’n Aanduiding van wanneer die pypleiding voltooi gaan word, kan nog nie gegee word nie.

Aangesien die dorp al jare lank slegs ’n paar ure per dag water kry, word ondersoek ingestel na die gebruik van boorgate om met waterverskaffing te help.

’n Boorgatprojek kan egter nie nou finansier word nie.

Heleen Muller, raadslid van die VF Plus, het die afgelope week verskeie pogings aangewend om die proses te probeer bespoedig.

Sy sê dit is heeltemal onaanvaarbaar dat ’n dorp ’n week lank sonder water kan wees.

Verskeie mense met boorgate in Petrus Steyn het die gemeenskap in dié tyd van nood bygestaan.

Mike Botha, DA-raadslid, het in samewerking met AfriForum by ’n vorige geleentheid ’n watertenk langs Salon Anna Bella laat opsit sodat inwoners water kon gaan tap. Botha hou die tenk vol uit sy eie boorgat, en onderhou die tenk self. Mense met boorgate het hul tuinslange oopgedraai sodat die verbygaande publiek daar water kon kry.

Muller het ook tot laat in die aande water na die Huis Silwerjare aangery sodat die bejaardes water kon gebruik.

Talle voertuie het kanne water na Mamafubedu, en ander dele waar daar ’n behoefte was, aangery.

Mense met boorgate het pype na hul bure aangelê sodat dié ook water kon hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.