Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Misdaad nie minder in inperkingstyd

Misdaad op plase in die Vrystaat het geensins gedurende die inperking afgeneem nie.

Trouens lyk dit eerder asof misdadigers bedrywiger as voorheen was, sê dr. Jane Buys van Vrystaat Landbou (VL).

Volgens VL se beramings is bykans 1 000 misdade in die eerste nege weke van die inperking in die Vrystaat aangemeld.

Veediefstal bly ’n misdaad wat tot groot verliese op plase lei.

Volgens Buys, ’n veiligheid-en-risiko-analis, het Vrystaatse veeboere in die eerste nege weke van die inperking R20 miljoen tot R25 miljoen se verliese gely.

Die Oos-Vrystaat loop die ergste onder misdadigers deur, en voorkoms van veediefstalle en ander misdade is in dié streek die hoogste.

Veediewe het die ergste in Bethlehem (239), Harrismith (263), Reitz (182), Senekal (102) en Verkykerskop (125) toegeslaan.

Buys sê van die redes waarom boere selfs meer as gewoonlik onder misdaad deurgeloop het, is omdat die polisie vir padblokkades gebruik is. Veral polisie­lede wat gewoonlik as koördineerders vir lande­like veiligheid optree, is in die stryd teen Covid-19 ontplooi.

Sy sê hoewel daar in sommige gebiede tydens die inperking steeds goeie samewerking tussen die boere en die polisie was, is daar ander gebiede waar geen patrollies gedoen is nie.

Volgens haar kon boere weens die inperking glad nie op grondpaaie patrolleer nie, en was hulle tot hul eie plaas beperk.

Sy meen die hersiene Nasio­nale Landelike Beveiligingstrategie is net ’n “rakdokument” waaraan geen waarde geheg word nie.

Volgens Buys ontbreek die samewerking, ondersteuning en die wil van die regering en polisie se kant af om boerderygemeenskappe te beveilig.

Hoewel net twee plaasaanvalle op vlak 5 van die inperking aangemeld is, het eiendomsverwante misdade skerp gestyg.

Die twee plaasaanvalle was aanvalle deur Lesotho-burgers op plaaswerkers.

Boere in Bethlehem, Harri­smith, Heilbron, Marquard, Reitz, Verkykerskop en Vrede het meer as tien misdaadvoorvalle in elke gebied aangemeld.

Van die ander gebiede wat ook erg onder misdaad deurgeloop het, is Smith?eld, Theunissen en Virginia.

Sindikate wat groot getalle vee steel, was ook bedrywig. Twee gevalle is aangemeld waar diewe probeer het om meer as 100-stuks vee op ’n slag te steel.

Buys sê heelparty ander misdade het ook voorgekom en huisbraak, voertuigdiefstal, mieliediefstal, dieseldiefstal, onwettige jag en die steel van sonpanele, selfoontorings se batterye en skrootmetaal is tydens die inperking aangemeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.