Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moenie môre met jou saamdra nie

Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” – Matteus 6:34

Waarom laat jy jouself toe om oor die toekoms bekommerd te wees?

Bekommernis oor die toekoms is heeltemal nutteloos: Dit bereik hoegenaamd niks nie.

Ons kan inderdaad verder gaan en sê dat bekommernis nooit van enige waarde is nie.

Dit word juis glashelder wanneer jy die toekoms moet aandurf.

Dan is bekommernis niks anders as ’n mors van energie nie.

Dit maak nie saak hoeveel jy jou bekommer nie; jy kan daaraan niks doen nie.

Die gewaande katastrofes is in elk geval denkbeeldig.

Dit is slegs moontlikhede, en mag miskien nooit eens realiseer nie.

Ons moenie vooruit lewe en môre se kwota vandag op ons skouers laai nie, want dit kan te veel raak om te dra.

Ons moet dit dag vir dag doen.

As jy deur die lewe wil gaan sonder om jouself te verlam en te belas, en sonder om dalk jou gesondheid in te boet en ’n senuwee-ineenstorting te kry, moet jy hierdie belangrike reëls gehoorsaam: Moenie gister of môre met jou saamdra nie; leef vir vandag en vir die uur waarin jy nou is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.