Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Motorfietsryers pak pret met kaarte

Die Bethlehem-Rotariërs bied op 29 Februarie vir die eerste keer ’n Poker Run-geleentheid ten bate van die Sonskyn-dienssentum aan.

Inskrywings word by BJ’s gedoen, waarna motorfiets­ryers en hul metgeselle om 10:00 vertrek.

Deelnemers sal voor hul vertrek ’n kaart trek, waarna hulle na Fouriesburg ry.

By die Windmill sal hulle hul volgende kaart trek.

Hierna volg die roete Golden Gate toe, waar hulle net duskant die Rooibus hul volgende kaart trek en daarna Kestell toe ry.

By Die Bank in Kestell kry hulle hul laaste kaart, waarna die roete by die Geloftefeesterrein in Bethlehem eindig.

Die deelnemer met die hoogste hand wen.

Die deelnemers in die eerste drie plekke sal ’n prys ontvang. Daar sal ook ’n gelukstrekking wees.

Rig navrae aan Attie van den Berg by 082-878-9490.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.