Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Motoriste gemaan om veilig te bestuur

Verkeersbeamptes en polisielede het Vrydag (07/12) motoriste voorgekeer en versoek om versigtig te ry, by die spoedgrens te hou en nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie.

Dié Ry Veilig-projek is by die vierrigting-ingang na Reitz gehou.

Frans Jansen, waarnemende provinsiale hoofinspekteur van die Vrystaatse verkeersafdeling, het gesê die padsterftesyfer vir die feestyd, wat op 1 Desember begin het, het Vrydag op 22 gestaan.

Elke voertuig is ondersoek vir padwaardigheidsdefekte, wat betref byvoorbeeld bande, ligte en lisensies.

“Indien daar enige defekte is, reik ons boetes uit. Die doel is om te verseker dat voertuie op die paaie in padwaardige toestand is sodat almal veilig by hul bestemmings kan aankom,” het Jansen gesê.

Gerrie Lubbe van Reitz het 19 jaar gelede die veldtog begin. Sy suster, Helena, is jare gelede naby die skool in Heilbron in ’n tref-en-trap-ongeluk oorlede.

Lubbe se broer was ’n lid van die skoolpatrollie en hy het gesien hoe Helena deur ’n dronk bestuurder raakgery en onder die voertuig gesleep word.

’n Kranslegging is gehou ter nagedagtenis aan almal wat al op die paaie gesterf het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.