Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Draaiboek van hoop nodig in dié land

Sommige kinderflieks maak kinders bang. Ek onthou hoe Anien en Benno agter die rusbank gaan wegkruip het as Scar in Lion King sy verskyning gemaak het.

Iets anders wat my altyd opgeval het, was hoe die tye waarin boosdoeners die botoon gevoer het, gekenmerk is deur droogte en doodsheid. Die landskap in die fliek het getuig dat dit sleg gaan.

En dan dink ek aan die huidige droogte.

Dink maar hoe ons land oor die afgelope paar jaar deur politici en hul patronate geplunder is. Ek ry deur die opgemorste Vrystaat waar plastieksakke teen drade hang, en op ’n someroggend in November brand veld rondom Ventersburg.

Hoe brand die veld dié tyd van die jaar? Dis veronderstel om groen en soel te wees.

Hoe het ons in dié droë, dooie, hulpelose en hopelose seisoen beland? Ek hoor van brande in Trompsburg en die geweld en vernietiging in Koffiefontein.

Hoe draai ’n mens dit om? In plattelandse dorpies word water en sanitasie al meer van ’n probleem.

Daar is onrus van die mense en geldlus van munisipale amptenare.

Intussen skroei die son om die skreiendheid van die situasie meer tasbaar te maak. Om agter die rusbanke van kritiek en negatiwiteit te skuil is seker nie ’n opsie nie.

Want ons is nie in ’n fliek nie, en ons kan nie net kyk nie.

Wat ons nodig het is om saam te skryf aan ’n draaiboek van hoop.

Want ons het reën broodnodig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.