Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Nuwe era breek aan

VrystaatKroon is hier!

In dié nuwe koerant vir die Noord- en Oos-Vrystaat word ’n stewige aanbod plaaslike, skole- en sportnuus netjies verpak.

Media24 in die Vrystaat sit sy tradisie van plaaslike nuus voort met die herskikking van sy gratis gemeenskapskoerante onder die nuwe naam van Sentraal24.

As deel van die groter Volksblad-groep het dié publikasies, waarvan VrystaatKroondeel is, voorheen as Sentrale Plaaslike Koerante bekend gestaan.

Die groep se naamsverandering is deel van die pad vorentoe nadat Volksbladse papierkoerant weens bedryfsrealiteite op 8 Augustus verstryk het en dit voortaan as ’n e-publikasie op Netwerk24 verskyn.

is deel van die groep wat voorheen as Sentrale Plaaslike Koerante, as deel van die groter Volksblad -groep, bekend gestaan het. VrystaatKroon gaan voort om as papierkoerant in die Noord- en Oos-Vrystaat versprei te word.

Dit sal twee keer per maand as ’n gesamentlike publikasie in albei streke verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.