Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nêrens bied geen toevlug

Saterdag vra iemand op Facebook: “Waar in die land voel jy veilig?”

Die kuberruim is met moord, geweld en doodslag besaai. ’n Dogtertjie word in ’n gesins­restaurant verkrag en ’n gesin word tydens ’n gesinsbraai in die Kaap oorval. In die parlement, waar stelendes, slapendes en slopendes in die meerderheid is, word gesê dat korrupsie moet eindig.

In Amerika groei die president se neus en sak die paar positiewe hopendes se moed in hul skoene terwyl hy vertel dat geen boere vermoor word nie.

Tussendeur dreun die stemme van die verlede oor staatskaping, diefstal, bedrog en die haglike omstandighede van staatsbeheerde instellings in ’n reeks kommissies van ondersoek.

En die tragedie?

Nie een van die korrupte, stelende, moreel bankrot massa-misdadigers dink oënskynlik hulle is verkeerd nie. Daar is selfs ’n uitdrukking wat dit opsom: “It is our time to eat.”

Elke oortreder staan verstom omdat iemand durf dink dat hulle nie grondige rede gehad het vir wat hulle gedoen het nie.

Ek het nie werklik ’n begrip van getalle groter as ’n miljoen nie. En of daar ’n verskil tussen ’n miljoen, ’n triljoen en ’n miljard is, weet ek nie. Maar dit is die syfers wat elke keer met bedrog, diefstal en tender­knoeiery opduik.

Hoeveel wil ’n mens steel? Wanneer is jy tevrede? Moes hierdie geld dan nie gebruik word om gewone burgers op te hef of te beskerm nie?

Hoe steel ’n mens dit gewetenloos? Wat is jou motivering? Dat dit jou beurt is om te eet?

En dan die laaste slag – die aantal polisiebeamptes wat aan misdadige aktiwiteite skuldig bevind is, word bekend gemaak – nie in tiene nie, maar in honderde.

So waar in hierdie land voel ’n mens veilig? Is daar dalk êrens ’n plek met die naam Nêrens?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.