Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Net Gees kan ons verander

Vir ’n kinderdiens het ’n dominee op ’n keer ’n klein varkie saamgeneem kerk toe.

Hy wou op ’n realistiese wyse demonstreer dat ’n mens nie net uiterlik nie, maar veral innerlik moet verander. Hierdie verandering kan jy nie self bewerkstellig nie.

Voor die oë van die kinders en die gemeente het hy die pienk outjie gewas, die haartjies gekam, ’n strikkie om sy nek gebind en hom rojaal met reukwater besprinkel.

Ná hierdie proses het hy die varkie gelos, waarop dit uit die kerk gehardloop het.

Die dominee het die gemeente gevra om agterna te kom.

Kinders en grootmense het saamgebondel, hom by die deur van die kerk uit gevolg en gesien hoe daardie varkie snorkend in die eerste en beste modderpoel spring en behaaglik daarin rondrol. Strikkie en reukwater en al.

Die dominee se teks was uit 2 Petrus 2:22: “ ’n Vark wat gewas is, gaan rol weer in die modder.”

Self sal ons nooit kan verander nie.

Dit is net die Heilige Gees wat dit in ons lewe kan doen.

Galasiërs 5:16 sê: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.