Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
O.19’s se spel beloon

Die 22ste VKB-rugbyweke vir o.19-spelers het groot aksie in Reitz opgelewer.

Die o.19-stedelike spanne het van Sondag 16 Junie tot Vrydag 21 Junie op die Piet Geyer-sportterrein meegeding, waar die Arende dié toernooi gewen het. Hulle het in die eindstryd teen die Luiperds te staan gekom en hulle met 28 – 13 geklop.

Die Oostelike Provinsie (OP) se span het die mees aanskoulike rugby gespeel.

  • JP Luise (Westelike Provinsie) is as die speler van die toernooi aangewys, Chris van Heerden (OP) as die beste voorspeler van die week en Dillon Willemse (Diggers) as die beste agterspeler. Die o.19-stedelike span wat na Italië sal toer, is: Janco van Zyl (Arende), Chulumanco Limana (OP), Jan Greyling (Luiperds), JP Luise (WP), Chris van Heerden (OP), Steff Basson (WP), Chean Truter (WP), Jubaren Adriaan (Griffons), Ruben van der Merwe (OP), Dillon Willemse (Diggers), Pieter Wagner (Luiperds), Odwa Moletsane (OP), Zackery Bester (Arende), Brandon Adams (Arende), Patric Kotze (WP), Clement Roodt (Arende), Ruan Smit (OP), MJ Terblanche (OP), Rico Cilliers (Luiperds), Vick Swan (Limpopo), Ulrich Swanepoel (Luiperds), Zander Smith (Griffons), George Hoffman (OP), Jaco Theron (Griffons) en Dorian Windvogel (WP). ) Die o.19-stedelike span wat na die sewes-toernooi in Dubai gaan toer, is: Lucian Simpson (Limpopo), Jean Wilken (Griffons), Conrad van Vuuren (OP), Renier van Heerden (Limpopo), WC Kriel (Limpopo), Odwa Moletsane (OP), Aldino Erasmus (Griffons), Hanno Jordan (WP), Tylan Ferley (Diggers), Dorian Windvogel (WP), Raymond Tom (OP) en Jandre Eksteen (Limpopo).

Die o.19-plattelandspanne het van 21 tot 26 Junie deelgeneem, waar Noord-Natal die Suid-Vrystaat in die eindstryd met 26 – 18 geklop het.

  • Die Suid-Vrystaat is as die span aangewys wat die mees aanskoulike rugby gespeel het en die Rooikatte as die voortreflikste span. Pierre Malan (Suid-Vrystaat) is as die beste speler van die toernooi aangewys, Marco Bester (Sandveld) as beste agterspeler en Hansie Pieterse (Luiperds) as die beste voorspeler.Die o.19-plattelandspan wat na Italië sal toer, is: Hansie Pieterse (Luiperds), CJ Meyer (Sandveld), AJ Fincham (Luiperds), Nico Hendriks (Suid-Vrystaat), Sthembiso Mthiyane (Noord-Natal), Hannes Marais (Suid-Vrystaat), Lebohang Moopela (Sandveld), Thapelo du Preez (Oos-Vrystaat), George-Malan van Zyl (Rooikatte), Henru van Wyk (Luiperds), Johan Wink (Suid-Vrystaat), Damien Erasmus (Suid-Vrystaat), Elwid Kruger (Suid-Vrystaat), Pierre Malan (Suid-Vrystaat), Pieter Grobbelaar (Suid-Vrystaat), Jesse Issemonger (Suid-Vrystaat), Jaunre Botes (Noord-Natal), Anthony Ceronio (Rooikatte), Sifundo Radebe (Noord-Natal), Janco van Staden (Suid-Vrystaat), Andrew Bezuidenhout (Rooikatte), Michael Coetzee (Rooikatte), Dehan van Zyl (Luiperds) en Inus Vorster (Suid-Vrystaat). ) Die o.19-plattelandspan wat na die sewes-toernooi in Dubai sal toer, is: Bruwer Potgieter (Oos-Vrystaat), Shuvuan Palm (Noord-Natal), Jacques Scheepers (Luiperds), Marko du Plooy (Suid-Vrystaat), Marco Bester (Sandveld), Jabulani Mculwani (Sandveld), Geovani Prince (Kiewiete), Jayden Jeanes (Rooikatte), Janco Scheepers (Luiperds), Herman Barkhuizen (Luiperds), Malan Labuschagne (Luiperds) en Reabetswe Mokotedi (Livind Ball).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.