Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oes medaljes in

Die Bethlehem-karateklub het verskeie medaljes tydens die Gauteng Liga-kampioenskapsbyeenkoms ingeryg.

Dié byeenkoms het Saterdag 22 September in Johannesburg plaasgevind.

Dit was die laaste van die drie liga-kompetisies vir die jaar.

Slegs die tien topkaratekas in elke afdeling in Suid-Afrika het aan die byeenkoms deelgeneem.

Dit was ook die laaste geleentheid vanjaar vir karatekas om hul punte vir die Statebond karate-kampioenskap in Durban, aan die einde van November, te verhoog.

Die vier topkaratekas in elke afdeling sal Suid-Afrika verteenwoordig.

Volgens Kobus Dreyer van die Bethlehem-karateklub was die standaard van die karate op ’n baie hoë vlak, en die Bethlehem-karatekas het hul goed van hul taak gekwyt.

Die karatekas het in hul eie ouderdoms- en gewigsgroepe in kumite deelgeneem en in ouderdomsgroepe vir kata.

Die Proteaspan vir die Statebond karate-kampioenskap sal in Oktober bekend gemaak word.

  • Uitslae: Nathan Helm: bronsmedalje, kumite; ) Omphile Molahloe: goud, kumite;) Corne du Preez: goud, kumite; ) Sensei Gerhard Wachter: brons, kata; ) Bradley Mapp: brons, kumite; en ) Thabo Kubheka: brons, kumite.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.