Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Omhels opstanding

Indien ons hoop slegs vir hierdie lewe op Christus gevestig is, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. – 1 Kor. 15:19 (2020-vertaling)

As jy nie in die opstanding glo nie, is jy die bejammerens­waardigste van alle mense. En tog is daar mense wat nie glo nie.

Hierdie onwilligheid om die opstanding te glo en van die opstandingswaarheid weg te hardloop is ten diepste ’n onwilligheid om die gevolge van die opstandingsboodskap te aanvaar.

As Jesus wel werklik opgestaan het, beteken dit my lewe behoort radikaal te verander namate my lewe deur die bruisende opstandingskrag oorspoel word.

Die geloof in die opstanding sal alles ingrypend verander. Dit kan nie anders nie. Ons praat van ’n nuwe lewe, maar my “ou self” – die eie ek – hou niks hiervan nie. Daarom wil ek dit nie glo nie, soek ek redes om dit nie te glo nie, en hardloop ek eerder weg.

Vandag hardloop mense weg. Hul lewe wys dat hulle weghardloop. Indirek in hul lewe hardloop hulle weg van hierdie waarheid oor die opstanding.

Waar die eie ek nie afgesterf het nie, kan die nuwe lewe nie opstaan nie – ’n nuwe lewe wat radikaal anders is.

As ek die opstandingsgebeure glo, sal ek radikaal moet verander. Of, beter gestel: Ek sal radikaal verander moet word.

Het jy al radikaal verander?

  • De Kock is leraar aan die NG kerk Bethlehem-Noord.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.