Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Omroeper sê vaarwel

Een van die bekende omroepers van die gemeenskapsradiostasie Maluti FM 97.1 in Bethlehem gaan sy pos verlaat en ander loopbaanmoontlikhede ondersoek.

Corné van Noordwyk was van die begin af deel van Maluti FM en dien al jare as omroeper en stasie­bestuurder.

Om aan die telekommunikasie- en uitsaaireguleerder, die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa), se bepalings te voldoen, kan dié twee rolle egter nie deur een mens vervul word nie.

Dit het die direksie en die bestuur genoop om na oplossings in hierdie verband te soek.

Van Noordwyk het uiteindelik, ná vele vergaderings met die direksie, besluit om ander moontlikhede te oorweeg en sy stem sal nie meer op ons senders gehoor word nie. .

Maluti FM lê hom steeds na aan die hart en hy staan gereed om sy opvolger van raad te voorsien om sy skoene te vul.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.