Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onderneming vier 40 jaar

Vir die afgelope 40 jaar het Oos-OVS Motors in Bethlehem reeds die voorreg om kliënte van diens te wees.

Dié onderneming vier op Vrydag (17/05) dié besondere mylpaal van 40 jaar diens aan die gemeenskap.

Oos-OVS Motors is in Commissionerstraat geleë en dit is die eerste plek om by aan te klop wanneer ’n mens op soek is na eersteklas-gebruikte én nuwe voertuie.

Ná 40 jaar beywer die handelaar hom steeds daarvoor om puik gebruikte voertuie sorgvuldig en kundig uit te soek voordat dit in hul vertoonlokaal beland.

Die nuwe voertuie sluit die volledige reekse van JMC, JAC en BAW-bussies in.

Donald Stevens, bestuurder­eienaar, sê die verkoop van ’n puik produk en uitstekende naverkoopdiens is enkele van die faktore wat die onderneming reeds vir soveel jaar laat seëvier.

Nie net kan ’n gehalte-voertuig hier gekoop word nie, maar dit bied ook ’n volledig toegeruste werkswinkel vir alle voertuie, van nuut tot gebruik, met mededingende pryse.

“Ons het die reputasie dat ons ons voertuie herstel indien daar enige probleme is. Hierdie beginsel dra by dat kliënte ons bly ondersteun,” sê Stevens.

Dié onderneming het in 1979 klein begin toe Stevens en Koos Willemse saam die onderneming begin het. Daardie jaar, 40 jaar gelede, het Stevens as ’n jong man aan die begin van sy loopbaan gestaan en ’n groot droom gehad.

Met die Here se genade het hy ’n bedrag geld by Standard Bank geleen en Oos-OVS Motors begin.

Willemse het in 1997 afgetree.

“Ek wil vir Koos baie dankie sê vir sy bydrae om van Oos-OVS Motors ’n sukses te maak,” sê Stevens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.