Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ondersoek na suiwelprojek in die pylvak

Die DA in die Vrystaat verwelkom adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), se kommentaar dat die Vrystaatse Vrede-suiwelprojek in sy ?nale stadium van ondersoek is, sê dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer.

“Die DA het lank die kwessie rondom die omstrede Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat gedryf,” het hy in ’n verklaring gesê.

Volgens hom is die eerste verslag van die OB ná ’n suksesvolle hofgeding deur die DA, soos ook haar appèl, tersyde gestel.

Jankielsohn het gesê ondanks die OB se voortslepende ondersoek na die beweerde korrupsie by dié projek het die DA aan Mkhwebane geskryf om duidelikheid in terme van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite te kry.

Dit gaan oor die rol van Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier, en Mamiki Qabathe, destydse LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, en die verskeie betalings wat die Vrystaatse provinsiale regering aan die maatskappy Estina betaal het. Volgens wet is dit ’n misdryf om nie oor beweerde korrupsie deur mense in gesagsposisies verslag te doen nie.

Jankielsohn het gesê volgens ’n verslag in 2013 deur die nasionale tesourie wat ondersoek na die Vrede-suiwelprojek ingestel het, is aangedui “dat die projek heroorweeg moet word en dat met die nodige omsigtigheid gehandel sal moet word om te verseker dat die projek lewensvatbaar is. In sy huidige vorm hou dit geen waarde vir die staat of regering in nie.”

Volgens Jankielsohn moes dit ernstige vrae by die Vrystaatse premier, die vorige LUR vir ?nansies, Elsabé Rockman, en die Vrystaatse departement van landbou en landbou-ontwikkeling laat ontstaan het.

Hy het gesê Magashule het erken dat hy die verslag van die nasionale tesourie so vroeg as 16 April 2014 ontvang het.

Volgens hom het die LUR’e van die Vrystaatse departement van landbou en landbou-ontwikkeling en Rockman ondanks die feit dat die kontrak tussen die Vrystaatse provinsiale regering en Estina op 12 Augustus 2014 gekanselleer is, voortgegaan om die projek te befonds.

“Die DA wil toesien dat politici verantwoordbaar gehou word vir hul skandalige optrede in die Vrede-suiwelprojek, wat kos uit die monde van die projek se begunstigdes geneem het.”

  • Verskeie pogings om kommentaar te kry het onbeantwoord gebly.

Marietjie Gericke

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.