Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onderwyser groet skool

Die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem het onlangs van Benton Nortman, departementshoof by dié skool, afskeid geneem.

Nortman het die betrekking as skoolhoof van die Hoërskool Salomon Senekal in Viljoenskroon aanvaar, en beklee reeds sedert 15 Junie sy nuwe pos.

Nortman en sy vrou, Esmé, het 21 jaar in Bethlehem gewoon.

Hy het voorheen by die Private Skool Ed-U-College in Qwaqwa gewerk, en sedert 2016 by Truida Kestell, waar hy ’n gr. 4-onderwyser, vakhoof en departementshoof van kultuur en bemarking was.

Nortman het homself ook by Truida Kestell onderskei as mede-koördineerder van die skool se sangfees, koordirigent, tromme-afrigter, krieket- en atletiekhoof en rugby-, krieket-, en atletiekafrigter.

Esmé is ’n gr. O-onderwyser en die egpaar se seun, Benton jr., is ’n gr. 11-leerling.

“Ons wens hulle alles van die mooiste toe vir ’n geseënde en voorspoedige verblyf in Viljoenskroon en dat hulle gou deel sal word van ’n gemeenskap wat liefde, omgee en warmte uitstraal,” het ’n inskrywing op die Hoërskool Salomon Senekal se Facebook-blad gelees.

Volgens Nortman gaan hy sy kollegas, die ouers en leErlinge van Truida Kestell mis.

“Ek sê met ’n traan in my hart totsiens vir Truida Kestell – ’n skool en gemeenskap wat my na aan die hart lê.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.