Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ongelukke in Oos-VS ondersoek
Die bakkie het Saterdagaand (07/11) omstreeks 18:30 met agt mense gerol. Een persoon is op die toneel dood verklaar en die sewe ander is vir beserings behandel.
Hierdie taxi het Sondagoggend (08/11) omstreeks 07:30 met ses insittendes gerol. Die passasiers is op die toneel behandel en twee met ernstige beserings is na ’n nabygeleë hospitaal gebring.Foto’s: ER24

In twee afsonderlike motorongelukke in die Oos-Vrystaat oor die afgelope naweek is een mens dood, vier ernstig beseer en nege vir ligte beserings behandel.

’n Taxi met ses insittendes het Sondagoggend (08/11) net buite Kestell gerol.

Die taxibestuurder het omstreeks 07:30 op die N5-hoofweg buite Kestell vermoedelik beheer verloor en die voertuig het gerol.

Owerhede is na die toneel ontbied en paramedici het die insittendes behandel. Twee van die insittendes is ernstig beseer en die ander vier is vir ligte beserings behandel.

“Die insittendes is almal buite die taxi gevind. Die voertuig het vermoedelik gerol en regop in die veld langs die pad te lande gekom,” sê Russel Meiring, woordvoerder vir ER24.

Die twee passasiers met ernstige beserings is vir verdere behandeling na ’n nabygeleë hospitaal gebring.

In ’n voorval buite Fouriesburg is een mens dood en sewe beseer toe ’n bakkie gerol het. Owerhede is Saterdag (07/11) omstreeks 18:30 na die toneel ontbied.

Paramedici het die bakkie in die veld gevind. Al die insittendes is vermoedelik uit die bakkie geslinger.

Al die oorlewendes is op die toneel behandel, waarna hulle na ’n nabygeleë hospitaal gebring is. Twee is ernstig beseer en vyf het ligte beserings opgedoen.

Die owerhede ondersoek albei ongelukke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.