Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ons het pa’s nodig

Verlede week het pres. Cyril Ramaphosa hom sterk uitgespreek teen die geweld wat in Suid-Afrika teen vroue gepleeg word.

As ’n man, eggenoot en pa van dogters het die president ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om “die kultuur van stilte oor geslagsgeweld” te beëindig en oortreders by die polisie te verkla.

Volgens die presidensie het geslagsgebaseerde geweld toegeneem sedert die aanvang van vlak 3 van die nasionale inperking.

Te midde van dit alles het ons Sondag Vadersdag gevier – die dag wat spesiaal opsy gesit is om pa’s te eer.

Van pa’s wat omgee en hul plek in hul gesin en gemeenskap vol staan, is daar baie. En vir hulle moet ons dankie sê.

Maar dan is die werklikheid ook dat ’n hele geslag Suid-Afrikaanse seuns en dogters sonder ’n pa-figuur in hul lewe grootword.

Oor die wêreld heen is dit dieselfde prentjie.

Dit is ook die prentjie oor die wêreld heen en behoort nie misgekyk te word in die maatskaplike uitdagings waarvoor ons as ’n samelewing te staan kom nie.

Navorsing het bevind dat geweldsmisdaad, dwelm- en alkoholmisbruik, tienerswangerskappe en selfdood meer verband hou met die afwesigheid van ’n vaderfiguur as enige ander enkele faktor.

’n Pa vestig gesag, kommunikeer identiteit, bied sekuriteit en bevestig die kind se potensiaal.

Dis geen verrassing dan dat ons – in ’n wêreld wat onder vaderloosheid gebuk gaan – voor gruwelike geweldsmisdade te staan kom nie.

Maar dan, net wanneer dit blyk dat daar geen hoop is nie, speel verhale soos dié op bl. 10 hulself af, waar vaderfigure intree en ’n wêreld se verskil maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.