Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ons hoort voorwaar in God se hand

’n Seuntjie wat ’n mooi, klein bootjie gebou het, het op ’n dag besluit om dit in die stroompie naby sy huis te gaan toets.

Hy het nog so gesit en kyk hoe sy bootjie op die water vaar, toe ’n stroom dit buite sy bereik laat wegdryf. Die seuntjie was baie hartseer. Hy kon sy bootjie, wat hy so mooi gemaak het, self gemaak het, net mooi nêrens kry nie.

Op ’n dag stap die seuntjie by ’n winkel met tweedehandse ware verby, en tot sy stomme verbasing merk hy die einste bootjie in die vensteruitstalling op. Hy gaan dadelik in en vra dat die winkelier dit aan hom moet gee.

Die man agter die toonbank weier egter.

“Dit is nou myne – ek het dit gekry, so jy sal dit by my moet koop. Jy kan dit net kry as jy daarvoor betaal.”

Die seuntjie gaan huis toe, maak sy spaarbussie oop en kry al die geld bymekaar wat die winkelier vir die bootjie wil hê. Toe die bootjie weer in sy hand is, hou hy dit trots voor hom uit en sê met ’n groot glimlag: “Nou is jy dubbel myne. Eers het ek jou gemaak, en toe het ek jou gekoop – die volle prys betaal.”

God het ons ook gemaak (Genesis 1:26) en gekoop (1 Korintiërs 6:20). Ons is dubbel en dwars die Here s’n.

  • De Kock is leraar aan die NG kerk Bethlehem-Noord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.