Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontmoeting ingeperk

Baba Lienke se oumas en oupa sal ’n rukkie moet wag voordat hulle haar kan vashou.

Izak en Christina Steyn van Bethlehem se dogtertjie is op Saterdag 28 Maart in die Medi­clinic Hoogland gebore.

Alles het goed verloop en die Steyns het die hoogste agting vir die personeel wat in moeilike omstandighede tydens die inperking weens die Covid-19-pandemie moet werk.

As pa is Izak toegelaat om by die hospitaal te wees. Christina en Lienke is op 30 Maart ontslaan.

Vir ousus, Lehané (3), is haar sussie die wonderlikste geskenk en sy het haar al vasgehou – natuurlik onder toesig van ma en pa.

Volgens Christina sou haar ma, Lesyja Foulds, en haar skoon­ouers, Hanna en De Buisson Steyn, almal van Hennenman, van 29 Maart af vir ’n week lank kom kuier het.

Met die staat van inperking kon hulle nie die kuier meemaak nie, maar hulle kan ten minste al deur foto’s en videos met die kleinding kennis maak.

“Bykans elke keer wanneer Lienke wakker is, word foto’s geneem en ’n video gemaak en word dit vir die oumas en oupa gestuur,” sê Christina.

“Wanneer die inperking iets van die verlede is, sal hulle kom kuier.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.