Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oom Piet is in elke foto

Ek was in standerd nege (gr. 11). Danksy die feit dat pa geglo het die plaaslewe is so goed soos enige vakansie, was dit my eerste keer by die see. ’n Staptoer.

My onkunde oor die krag van die Wildekus-branders sou my duur te staan kom. Een misrekening by ’n rotsskeur.

Rugsak en al het ek ankerloos die see ingedobber.

My kamera – die een waarvoor ek jare gespaar, gesmeek en gewerk het – was steeds om my nek vas. Elke dan en wan het dit bo die skuimende soutwater verskyn.

Pa-hulle sou nie weer ’n kamera kon bekostig nie, en ek sou ’n paar jaar moes spaar om weer een te koop.

Totdat Oom Piet van die situasie uitgevind het. Pa se broer in Pretoria. Hy sou ’n kamera koop, en dan sou ek hom met my weeklikse sakgeld terugbetaal.

In die volgende jaar of twee het Bethlehem se kameraklub en ’n korrespondensiekursus my stokperdjie in ’n passie omskep. Een wat die gang van my lewe sou beïnvloed.

Nadat my boek, Light on Leadership, wat my liefde vir geskiedenis, fotografie en bemoediging bymekaargebring het, publiseer is, was die wonderlikste oomblik toe Oom Piet my bel en vertel hoe hy die boek geniet het.

Dit was asof ek hom uiteindelik terugbetaal het; want sien, ná ’n paar maande se sakgeld terugbetaling het Oom Piet laat weet die kamera is afbetaal – so as gekombineerde Kersgeskenk en verjaardaggeskenk.

Intussen het die tyd aangestap en Oom Piet het die lewe se duwweltjiepaadjie na sy laaste bestemming begin aandurf.

En Saterdag het Oom Piet hierdie ondermaanse verlaat.

Ek het begin soek na foto’s van ons laaste plaaskuier – maar terwyl ek deur al die foto’s op die hardeskyf geblaai het, het ek geweet: Iewers in elke liewe foto wat ek geneem het sedert daardie kamera soveel jare uit Pretoria opgedaag het, is Oom Piet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.