Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oord kry nuwe baadjie

Opknappingswerk aan die Kroonpark-vakansieoord in Kroonstad is byna halfpad en sal in die nuwe boekjaar voortgesit word.

Luidens ’n nuusverklaring wat Saterdag (08/05) deur die Moqhaka-munisipaliteit uitgereik is, word die Kroonpark-oord as ’n gewilde toeristebestemming beskou en speel dit ’n belangrike rol in die dorp se ekonomiese groei.

Die opknappingswerk het in Julie verlede jaar begin.

“Hoewel baie werk nog voorlê, is ons met die vordering tevrede,” sê Dika Kheswa, munisipale woordvoerder.

Raadslid Chris Dalton het gesê hy is daarvan bewus dat opknappings­werk gedoen word, hoewel hy nie spesifieke vordering kan bevestig nie. Daar is wel daarvoor begroot dat opknappings, wat oor meer as een boekjaar sal strek, in die nuwe boekjaar kan voortgaan.

Op die Facebook-blad Kroonstad Non Tacete is bekommernis oor die toestand van Kroonpark uitgespreek – veral oor die brandgevaar wat die lang gras en grasdakke gedurende die brandseisoen inhou.

Die gras is intussen verwyder, maar lê steeds op die terrein. Die swembaddens se verhittingstelsel en pomp is vervang, en 50 toesluitkaste is op die swemterrein aangebring. Altesaam 20 van die chalets se grasdak is met dakteëls vervang, en nuwe vloerteëls en ingeboude kaste is aangebring. Toestelle soos mikrogolf­oonde, televisies, stowe, yskaste, beddens en lugversorging is vervang.

Twee van die karavaanpark se ablusieblokke is reeds opgeknap, en die grasdak is met sinkplaat en ’n nuwe plafon vervang.

Sekere geboue op die perseel is ook uitgeverf. In die tweede fase sal die res van die chalets en die lapa- ontspanningsgebied opgeknap word.

Danksy die projek is 40 tydelike werksgeleenthede geskep. Die boumateriaal en elektroniese toestelle is ook plaaslik aangekoop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.