Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Openingsdag laat klante glimlag

’n Aangename inkopie-ervaring wag op mense in die Oos-Vrystaat wanneer hulle ’n draai by die nuwe Econo Foods maak.

Dié winkel het Vrydag (25/01) met sy amptelike opening by President Boshoffstraat 25, Bethlehem, gewemel van mense.

Alles van benodigd­hede vir jou kind se verjaardagpartytjie en ’n fondue-geselligheid saam met jou vriende, tot jou maandelikse kruideniersware kan by hierdie eenstop-winkel gekry word.

Met 15 winkels oor die land heen, spesialiseer Econo Foods in die verskaffing van die beste gehalte- bevrore en verkoelde kosprodukte.

By Econo Foods in Bethlehem gaan dit oor meer as net die produk. Dit gaan oor ’n maat­skappy wat ’n unieke inkopie-ervaring bied.

Dié winkel bied ’n wye verskeidenheid handelsmerk­produkte wat jy sal ken, vir goedkoper as waaraan jy gewoond is, sonder om gehalte of standaard prys te gee.

Dit is ’n maatskappy wat steeds aan uit­stekende diens en klante-tevredenheid toe­gewy is.

By elke winkel werk goed-opgeleide personeel om aan klante se inkopieverwagtinge te voldoen.

By Econo Foods vind jy altyd verskeie maniere om jou familie se kosbegroting te rek.

Econo Foods spog ook met ’n verspreidingskant.

Met meer as 60 koelvragmotors by vier verspreidingsentrums kan bevrore en verkoelde voedsel oor die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Lesotho heen aan groothandel- en voedseldiensbedrywe verskaf word.

Econo Foods word onafhanklik besit, wat die buigsaamheid bied om saam met jou maatskappy te werk en aan jou die diens te bied wat jy verdien.

Econo Foods gaan altyd ’n stap verder as die res om jou behoeftes aan te spreek.

Vir meer inligting oor die winkel se winskopies, besoek www.­econofoods.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.