Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Opleiding beveilig gemeenskap

Vrystaat Landbou, in samewerking met ’n private sekuriteitsmaatskappy, sal geakkrediteerde veiligheids­opleiding in die Vrystaat bied.

Volgens Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, sal hierdie opleiding hoofsaaklik op landbougemeenskappe fokus.

“Ons wil veral vroue, jong boere en plaaswerkers oplei en bemagtig om na hul eie veiligheid en dié van hul gemeenskap om te sien.”

Le Roux sê opleiding sal deur middel van afstandonderrig geskied, met praktiese sessies wat oor naweke sal plaasvind.

Dit sal drie fases behels, naamlik die beskerming van gesinne, opleiding van sektorleiers en reaksiegroepe en spesialisopleiding.

Laasgenoemde sal in samewerking met ander belanghebbende organisasies plaasvind.

“Almal in die landboubedryf sal by die opleiding baat vind,” sê le Roux.

“Dit sal gemoedsrus bied en veiliger landelike gebiede verseker.”

  • Bel Le Roux by 082-781-8241 vir meer inligting, of stuur ’n e-pos na info@vslandbou.­co.za.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.