Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Organisasie benodig vrywilligers om te help

Solidariteit Helpende Hand se Bethlehem-tak is op 29 Januarie tydens ’n openbare vergadering met nuwe ondersteuners versterk.

Kobus Venter, streeksorganiseerder, het tydens die vergadering gesê die organisasie wil Afrikaner-armoede aanspreek deur verligting-, voorkoming- en verbrekingsprojekte. Die tak nooi nóg vrywilligers uit om by projekte betrokke te raak.

Van die projekte sluit die skooltassieprojek in waar skooltassies met skryfbehoeftes aan behoeftige gr. 1-leerlinge uitgedeel word.

Die tak beoog ook om die kosblikprojek op dreef te kry waar ’n bord kos vir kleuters by kleuterskole gegee word. Venter sê in 2018 het hulle 12 000 aansoeke hiervoor ontvang, waarvan slegs 8 000 kinders gehelp kon word.

Die organisasie bied ook rentevrye studielenings aan behoeftige studente, en is by Christenburg betrokke waar sowat 100 behoeftige mense ’n tuiste vind.

Bel Venter by 079-488-1964.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.