Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ou’ manne in stryd

Groot opwinding het langs die veld geheers ten tyde van die Bethlehem-Oudskoliere-krieketklub se jaarlikse Oumandag, waarop die Alzheimers-span die Parkinson-span met 8 lopies geklop het.

Dié geleentheid, wat by die Hoërskool Voortrekker plaasgevind het, is ’n jaarlikse instelling, waarop oud­spelers van die klub teen mekaar meeding.

Op dieselfde dag is ’n wedstryd van die Andras Findt 50-boulbeurtliga beslis. Bethlehem-Oudskoliere 2 het Bethlehem-Oudskoliere 1 met 9 paaltjies geklop.

Oudskoliere 1 het eerste gekolf en 144 lopies aangeteken, almal uit in 24,4 boulbeurte.

Dié span se beste kolwers was SW Smit, wat 62 lopies van 42 balle aangeteken het, en Bjorn Barends, wat 23 lopies van 21 balle aangeteken het.

Oudskoliere 2 se topbouler was FP Fouche, wat 5 boulbeurte geboul het en 4 paaltjies geneem het vir die verlies van 22 lopies.

Oudskoliere 2 het 145 lopies vir die verlies van 1 paaltjie in 21,2 boulbeurte aangeteken.

Dié span se beste kolwers was Erik Fouche, wat 87 lopies van 52 balle aangeteken het en Frans Labuschagne, wat 41 lopies van 70 balle aangeteken het (n.u.n.).

Die beste bouler van Oudskoliere 1 was Willie van Zyl, wat 4 boulbeurte geboul het en 1 paaltjie geneem het vir die verlies van 15 lopies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.