Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oudit in eenvoudige stappe aangevra

’n Gesondheids- en veiligheidsnakomings­oudit vir sakeondernemings word dalk nie wetlik verplig nie, maar dit word sterk aanbeveel dat elke maatskappy, ongeag die bedryf, sektor, grootte of aard van bedrywighede, gereeld ’n oudit laat doen.

Terwyl ondernemings, ook dié in Kroonstad, vir ’n oplossing op interne oudits en verskeie eksterne ouditeure staatmaak, kan SafetyWallet sy dienste aanbied om te verseker dat hulle aan toepaslike wetgewing voldoen.

Wat behels ’n gesondheids- en veiligheidsoudit deur SafetyWallet?

’n Noukeurige proses word gebied waardeur die intekenaar se gesondheids- en veiligheidsbestuurstelsels deeglik ondersoek word. Daar word op die identifisering en doeltreffende bestuur van beroepsgesondheid en -veiligheid in die werkplek gefokus.

Tydens die SafetyWallet-oudit sal die aangestelde ouditeur alle betrokke elemente saamvat om die intekenaar se gesondheids- en veiligheidsprogram te hersien. Dit sal opgeweeg word teen die vereistes van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid 85 van 1993 (OHSA) en ander toepaslike wetgewing, nasionale standaarde, verordeninge en SafetyWallet se ouditprotokolle.

Om doeltreffendheid te verseker wat die toepassing van sodanige reëlings betref, sal die SafetyWallet-ouditeur die perseel inspekteer en bedryfsaktiwiteite beproef.

Intekenaars kan ook verwag dat die SafetyWallet-ouditeur sleutelpersoneel sal ondervra. In hierdie onderhoude sal die aspekte van beroepsgesondheid en -veiligheid wat met hul rolle en verantwoordelikhede verband hou, vertroulik bespreek word.

Die SafetyWallet-ouditeur sal die ouditverslag aan die SafetyWallet-intekenaarbestuurspan voorlê. In die verslag sal die sterkpunte in die organisasie of maatskappy, asook terreine waarop verbetering aangebring kan word, uitgelig word.

Sluit nou aan

Watter stappe vereis ’n oudit?

Vir die nakomingsoudit om reg te geskied, moet die volgende stappe gevolg word:

1. ouditbeplanning, wat die keuring van ’n ouditspan, die ouditgebied en die identifisering van teikengebiede vir die oudit behels;

2. oudituitvoering, wat behels dat die oudit uitgevoer word soos beplan, deur middel van die hersiening van dokumentasie en onderhoudvoering met mense, asook die inspeksie van die werkplek;

3. die opstel van die ouditverslag, wat bestaan uit ouditbevindings, nakomingsgebiede, gebiede waar daar afwykings is en aanbevole optrede;

4. die opstel van regstellende optrede en prosesverbeterings, wat die toepassing van bepaalde beheermaatreëls en monitering van doeltreffendheid behels; en

5. bekendmaking van uitslae, wat daartoe sal lei dat konsekwente verbetering verseker word en nakoming bereik word. Dit is nodig om te verseker dat die hele werksmag ’n deursigtige begrip van die oudit-uitslae het.

Hoe word ’n oudit deur SafetyWallet aangevra en deurgevoer?

Volg dié stappe deur SafetyWallet om ’n ouditverslag vir ’n onderneming te bekom:

1. Word ’n SafetyWallet-intekenaar

Besoek die SafetyWallet-webwerf om aan te meld. Sodra dit gedoen is, kan die intekenaar sy SafetyWallet-lidmaatskapplan kies, volgens die grootte van die organisasie.

Die opsies sluit in:

  • vriendekring – met 1 tot 50 werknemers;
  • gesinskring – met 51 tot 100 werknemers;
  • kampioenkring – met 101 tot 300 werknemers; en
  • toppunt-klub – met 300 of meer werknemers.

2. Bereken die ouditfooi

Sodra die intekenaar hom aangemeld het, kan hy voortgaan om sy ouditkoste te bereken deur van die kosterekenaar gebruik te maak.

Lede moet onthou dat, in die aansluiting by SafetyWallet, ’n verskeidenheid belonings en afslag beskikbaar is waarvoor hulle kwalifiseer. Intekenaars ontvang ook ’n SafetyWallet-kortingbeloning van tot 80% op hul jaarlikse oudit – die lid sal bloot 20% betaal. Daar is ook verdere belonings gebaseer op die jaarlikse health and safety-nakomingsoudit.

3. Bespreek ’n oudit aanlyn

Sodra die intekenaar sy ouditkoste bereken en sy maandelikse betalings en belonings besigtig het, kan hy voortgaan om ’n oudit op die intekenaarblad te bespreek.

4.Stel die oudit op

Sodra die oudit bespreek is, kan die intekenaar gerus wees dat die SafetyWallet-ouditspan ontbied sal word om die risikobestuurs­beginsels te formuleer.

Die ouditspan sal werk om sterkpunte te identifiseer, swakhede vas te stel en geleenthede uit te lig waardeur alledaagse veiligheids-, gesondheids- en omgewingsrisikobestuur verbeter kan word.

5. Voer ’n gedetailleerde gesondheids- en veiligheidsnakomingsoudit uit

Met die hulp van SafetyWallet se gekwalifiseerde en professionele ouditspan kan die oudit doeltreffend uitgevoer word.

6. Finaliseer die nakomingsoudit

Sodra die oudit gedoen is, sal die SafetyWallet-ouditeur die bevindings, aanbevelings, moontlike beheermaatreëls wat toegepas kan word en ’n gedetailleerde plan vir optrede aanbied.

7. Verskaffing van gedetailleerde terugvoering oor die huidige nakoming van die program vir beroepsgesondheid en -veiligheid

Die intekenaar sal ’n duidelike begrip hê van die sakeonderneming se nakoming en wat gedoen moet word om dit doeltreffend te verbeter.

Hy sal al die gereedskap ontvang wat nodig is om te verseker dat nakoming verbeter.

Laai brosjure af

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.