Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oudskoliere wen liga

Bethlehem-oudskoliere 1 het Saterdag (09/03) die eindstryd van die Andras Findt 50-boulbeurtliga beklink toe hulle die span van Harrismith met 6 paaltjies geklop het.

Bethlehem-oudskoliere 1 het 88 lopies in 15,5 boulbeurte aangeteken en slegs 4 paaltjies het gekantel.

Harrismith kon slegs 86 lopies in 27 boulbeurte aanteken waarna al hul spelers uit was.

Harrismith het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Dié span se beste kolwers was Jaco Crawley, wat 15 lopies van 28 balle aangeteken het, en Sean Crawley, wat 13 lopies van 17 balle aangeteken het.

Hul beste bouler was Gerhard Oosthuizen wat 4 paaltjies geneem het en 25 lopies in 8 boulbeurte afgestaan het.

Oudskoliere het tweede gekolf en Bjorn Barends en Armand Kemp het as die beste kolwers van dié wedstryd uitgestaan.

Barends het 23 lopies van 22 balle aangeteken. Kemp het 20 lopies van 24 balle aangeteken.

Die wenspan se topboulers was Willie van Zyl en Carl van Rooyen. Van Zyl het 5 paaltjies geneem en 31 lopies in 8 boulbeurte afgestaan. Van Rooyen het 3 paaltjies geneem en 21 lopies in 5 boulbeurte afgestaan.

  • Bethlehem-oudskoliere 1 ding die naweek as die Thabo Mofutsanyana-distrik se wenners teen drie spanne mee om die Vrystaat-plattelandligawenner te bepaal. Die ander drie spanne is die Xhariep-distrik se wenners, Kroon se wenners en Goudveld se wenners.

Die wedstryde word Saterdag (16/03) by die Bethlehem-skouterrein gespeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.