Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ouma deel liefde uit

Ellie van der Walt, ’n jarelange inwoner van Bethlehem, vier vandag (06/03) haar 90ste verjaardag.

Sy sê dit is vir haar ’n voorreg om op haar ouderdom nog vrylik te kan rondbeweeg, goed te kan sien en hoor, nog met haar hande te kan vat en “dat my bene my nog (alhoewel stadiger) op plekke bring”.

Van der Walt is lief vir die natuur en sê sy bewonder haar nog daagliks daaraan, veral die wolke wat op soveel maniere ’n storie vertel.

Sy hou haar hande besig deur te hekel en te brei en het vroeër jare vir skole in Bethlehem klere gemaak.

Volgens haar is een van die hoogtepunte in dié nege dekades dat sy die eerste diakones van die NG kerk was nadat vroue in 1990 toegelaat is om in die kerkraad in die Vrystaat te dien.

Sy sê sy kan nie sonder haar vier kinders, agt kleinkinders en 22 agterkleinkinders se liefde en ondersteuning klaarkom nie.

“Ek kan ook nie sonder my selfoon klaarkom nie, want daarmee behou ek kontak met almal, asook my ander familie en vriende.”

Haar familie sê geluk aan hul ma, ouma en grootouma met die herdenking van haar 90ste geboortedag.

“Deur die jare heen was u nog altyd vir ons ’n inspirasie, iemand om na op te kyk. Dit is waarom ons Here u vir ons vir 90 jaar gespaar het omdat ons so baie by u kon leer en nog soveel oor het om te leer. Ons geniet elke staaltjie van Ouma,” sê die familie.

Al straal sy vir 90 jaar reeds liefde uit, wil sy graag nog meer liefde uitdeel aan elkeen wat haar pad kruis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.