Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oupa wag nog op uitslae van saak teen polisielede
Baba CM Roos se oupa, Jannie, is glo amper toegesluit toe hy gejaag het om ’n siekefondskaart te gaan haal. CM se toestand was so ernstig dat hy ’n paar dae in die waakeenheid was.Foto: Verskaf

’n Oupa van Kroonstad wag op die uitslae van ’n ondersoek wat hy teen polisielede van die dorp aanhangig gemaak het.

“Ek was Maandag (02/11) by die ondersoekbeampte wat ons saak hanteer en hy wag nog op verklarings van die betrokke beamptes,” sê Jannie Roos (52).

’n Klag van intimidasie word teen die polisielede ondersoek. Hy sê die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat gaan die voorval ondersoek.

Die saak spruit uit ’n voorval wat op Vrydag 16 Oktober plaasgevind het toe polisielede Roos afgetrek het vir nalatige bestuur.

“Ek het die blou ligte agter my gesien en toe ek voor my seun se huis stilhou, ruk hulle my deur oop,” sê Jannie.

Die polisielede het hom glo daarvan beskuldig is dat hy dronk is en het hom rondgeruk en pluk.

Die polisielede ontken dit en sê Roos het roekeloos gery.

Hennie, Roos se seun, woon langs hom en op dié Vrydag het hy sy pa kom roep omdat, CM, sy seuntjie (2 maande oud) gesukkel het om asem te haal en blou in die gesig geword het.

Die hele familie het gejaag na die Kroon Netcare-hospitaal en daar eers besef hulle het die siekefondskaart vergeet.

Roos het inderhaas terug gejaag om dit te gaan haal. Hy beweer hy het met sy noodligte aangery toe die polisie agter hom stilhou.

’n Polisielid het sy bakkie se deur oopgeruk en nog voordat hy kon verduidelik wat die situasie is, het hulle hom van dronk en nalatige bestuur beskuldig. Dit terwyl sy vrou, Elsje, en kleindogter, Mia (7), CM se sussie, die drama moes aanskou. Elsje het probeer om die situasie te ontlont. Roos het gedreig dat hy ’n saak teen hulle gaan maak en die polisielede het glo gesê hulle is nie bang vir hom nie.

“Hulle het daarop aangedring dat ek eers my rybewys moet wys voordat ek kon ry. Dit terwyl my kleinkind se lewe daarvan afhang.”

CM sukkel om asem te haal weens ’n longsiekte bekend as trageomalasie. Hy gaan vandag (11/11) vir ’n opvolgondersoek.

Brig. Motansi Makhele, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.