Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Padveiligheid berus by elkeen’

Motoriste is Vrydag (06/12) by die vierrigting-ingang na Reitz voorgekeer en versoek om dié feestyd veilig te bestuur.

Die Ry Veilig-veldtog is vanjaar vir die 20ste keer bedryf.

Liesl Erasmus, landdros, het op die geleentheid gesê padveiligheid begin by elkeen.

“As elkeen die padreëls gehoorsaam, sal dit ’n uitkringeffek hê.”

Kaloli Tsoene, LUR vir vervoer van die Thabo Mofutsanyana-distrikmunisipaliteit, het gesê 1,2 miljoen mense sterf jaarliks wêreldwyd op paaie.

“Ons moet ons denke verander en die regte besluite neem om veilig op die paaie te wees.”

Gerrie Lubbe van Reitz, wat die veldtog begin het, het met die 20ste aanbieding daarvan as koördineerder uitgetree. ’n Koek is aan hom oorhandig om dankie te sê vir sy betrokkenheid by padveiligheid.

Sy suster, Helena, is jare gelede naby die skool in Heilbron in ’n tref-en-trap-ongeluk oorlede. Lubbe se broer was ’n lid van die skoolpatrollie en hy het gesien hoe Helena deur ’n dronk bestuurder raakgery en onder die voertuig gesleep word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.