Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Park kry nuwe lewe

Die AfriForum-tak in Bethlehem het ’n #OnsDorp-aksie geloods om die eens prettige park, kloof en Jordaanrivier by Pretoriuskloof skoon te maak.

Talle vrywilligers in die gemeenskap het Saterdag (06/10) in die park bymekaargekom.

Juan van Zyl, ’n natuurliefhebber van Bethlehem, vertel hy stap elke Sondag in die park.

Hy beduie na ’n stroom riool: “Toe ek nog ’n kind was, het ons krappe hier gevang. Nou is hier nie meer ’n krap of paddavis in die water nie. Hier vloei nou riool en die vullis veral by die ingang van die park is erg om te sien.”

’n Ent verder wys hy na afgekapte boomstompe waar mense hout na hartelus kap.

Johan van Rensburg van Dit&Dat-tuindienste in Bethlehem het ook by die aksie betrokke geraak.

Hy vertel hoe hulle vroeër jare met die karavaan hier kom kamp het, vleis gebraai het en hoe die kinders gespeel het.

Nicoline Coetzee en Dionne Connan het ook as vrywilligers die park skoongemaak en sê dit is heerlik om vir ’n dag die park in veiligheid te geniet.

Benewens die skoonmaak-aksie het AfriForum ook aktiewe bakterieë in die rivier gegooi om die ernstige besoedeling te probeer teëwerk. Dit sal die rioolvuil afbreek en suurstof in die water terugplaas.

Volgens Isoldé Laesecke, voorsitter van die AfriForum-tak in Bethlehem, is hierdie slegs een van nog vele opvolg-aksies om die probleem te probeer oplos.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.