Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pas jou naam op

“ ’n Goeie naam is meer werd as groot rykdom...” – Spreuke 22:1

Daar is ’n ou legende oor hoe die vergeet-my-nietjie aan sy naam gekom het.

’n Skaapwagterseun pas skape in die Alpe op toe hy ’n klein blou blommetjie by sy voete opmerk.

Hy pluk dit – en kort daarna sien hy ’n grot in die bergwand. Hy gaan in en vind ’n hoop juwele in die middel van die grot.

Bo-op sit ’n dwergie en dié sê vir hom: “Neem wat jy graag wil hê, maar moet tog net nie die beste ding vergeet nie.”

Hy laat die blommetjie op die plek val en vul inderhaas sy sakke met die juwele. Toe hy uitstap, verbeel hy hom hy hoor ’n flouerige stem pleit: “Vergeet my nie!”

Toe hy buite kom, pla die woorde hom. Hy draai om om die blom te gaan optel, net om te vind dat die grot met al die juwele verdwyn het.

Hy het toe die beste ding vergeet.

Die ou mense het altyd van ’n skandemaker gesê dat hy sy naam laat val.

Wees versigtig hoe jy jou naam hanteer, want dit is soos Venesiese glas wat maklik breek en nie weer gelas kan word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.