Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Personeel werk doelgerig saam

Oos-OVS Motors vier vanjaar vier dekades van voortreflikheid.

’n Suksesverhaal soos dié kom egter nie vanself nie.

“Die Here seën ons,” sê Donald Stevens, bestuurder-eienaar. Genade van bo loop soos ’n goue draad deur dié motorhandelaar se geskiedenis.

Nog ’n rede vir die sukses is die bekwame personeel. Oor die jare heen is personeelveranderinge nie iets wat gereeld by dié motorhandelaar gebeur nie.

Annastasiea Molaba, kantoorhulp, werk reeds by dié onderneming sedert die deure in 1979 oopgemaak het. Sy het reeds 40 jaar se diens op haar kerfstok.

“Die personeel werk doelgerig om ons reputasie as puik en goeie tweedehandse motors gestand te doen,” sê Stevens.

Oos-OVS Motors bedank elke personeellid vir hul lojaliteit en harde werk.

Stevens is dankbaar teenoor al sy lojale kliënte en sakevriende wat die onderneming al jare lank ondersteun.

Daarsonder kan geen onderneming funksioneer nie.

Stevens sonder Standard Bank se bestuur uit, wat al 40 jaar saam met hom die pad stap en bedank ook die finansieringsbanke vir uitstekende diens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.